Indien u simptome het en belangstel om deel te neem, is dit belangrik dat u vinnig optree.
Vind ’n studiesentrum

Vir baie mense kan ’n covid-19-diagnose steeds ’n beduidende impak op hul daaglikse lewens en welstand hê. Alhoewel huidige covid-19-behandelings effektief is, is sommige daarvan slegs in ’n hospitaalopset beskikbaar, en dit is moontlik nie ’n opsie vir mense met chroniese mediese toestande wat sekere medikasies gebruik nie. Dit is belangrik dat alle hoërisiko-mense met covid-19 behandelingsopsies het wat vir hulle werk.

Meer oor die kliniese studie

Ons doen tans ’n kliniese studie vir hoërisiko-volwassenes en -adolessente met covid-19 wat beperkte behandelingsopsies het of nie in staat is om huidige behandelings te neem nie. Hierdie kliniese studie sal bepaal of ’n potensiële antivirale behandeling hulle veilig en effektief kan help om te herstel sonder dat dit wisselwerking met hul huidige medikasies het of ongewenste newe-effekte veroorsaak.

As u besluit om deel te neem, sal u sorg ontvang van ’n span toegewyde gesondheidsorgpersoneel terwyl u help met iets wat moontlik ’n deurbraakbehandeling vir mense reg oor die wêreld kan wees. Daarom sê ons dankie dat u die tyd afstaan om meer uit te vind.

Wie mag deelneem?

Hierdie kliniese studie kan ’n opsie wees indien die volgende waar is:

  • U is ’n volwassene van 18+ jaar of ’n adolessent van 12+ jaar
  • U het covid-19 en het binne die afgelope 5 dae tekens of simptome ontwikkel
  • U het sekere risikofaktore vir ernstige siekte of komplikasies weens covid-19 en kan moontlik nie tans goedgekeurde behandelings neem nie. Risikofaktore sluit in:
  • 65 jaar oud of ouer
  • Vetsug (liggaamsmassa-indeks (LMI) van meer as 30)
  • Rook tans
  • Chroniese longsiekte
  • Asma wat daaglikse voorgeskrewe terapie vereis
  • Kardiovaskulêre siekte
  • Tipe 1- of tipe 2-diabetes mellitus
  • Renale skade (niersiekte)
  • Sekelselsiekte
  • U het ’n toestand of neem ’n medikasie wat u immuunstelsel verswak
  • U het nie in die afgelope 4 maande ’n covid-19-inenting ontvang nie

Deelnemers sal aan ’n aantal ander kriteria moet voldoen om aan hierdie kliniese studie te kan deelneem. Die studiespan sal dit persoonlik met u bespreek.

Deelname maak saak

Diversiteit binne kliniese proewe verseker dat ons kan sien hoe potensiële behandelings vir verskillende tipes mense werk. Ons sal na faktore kyk soos ouderdom, geslag en etnisiteit om te kyk of die behandeling effektief is vir alle mense met covid-19. Almal moet verteenwoordig word.

Wat om te verwag

Indien hierdie kliniese studie vir u geskik is en u stem in om deel te neem, sal u vir ongeveer 24 weke ingeskryf wees, en u sal altesaam ongeveer 12 afsprake bywoon (sommige daarvan kan telefonies wees).

U sal ’n 1-uit-2-kans (50%) hê om die studiemedisyne of plasebo te ontvang. Die plasebo lyk net soos die studiemedisyne, maar dit bevat geen aktiewe bestanddele nie.

U sal die studiemedisyne of plasebo vir 5 dae lank twee keer per dag per mond (pil) neem (10 dosisse in totaal).

Of u nou die studiemedisyne of plasebo ontvang, u mag steeds ’n standaardsorg-medisyne vir covid-19 neem terwyl u in die kliniese studie is. Dit beteken daar sal na u omgesien word met die huidige beste praktyk wat deur u studiedokter bepaal word.

Die studiebehandeling en studieverwante prosedures sal gratis verskaf word. U sal ook vergoed word om studieverwante aktiwiteite te voltooi.

Vind ’n studiesentrum
Indien u binne die afgelope 5 dae tekens of simptome van covid-19 ontwikkel het, positief getoets het, of onseker is of u covid-19 het, kontak asseblief ’n studiespanlid so gou as moontlik. Hulle sal kan vasstel of hierdie kliniese studie vir u geskik is en enige vrae wat u het, kan beantwoord.
Jongaie Research
WF Nkomo Street 551 Tshwane Metro. Municipality
Pretoria, Gauteng 0183 ZA
27836502970
Langeberg Clinical Trials
Corner Brighton and Kipling Streets, Brighton Square
Kraaifontein, Western Cape 7570 ZA
27219805143
Global Clinical Trials
Corner of R55 and Lochner Road, Raslouw
Pretoria, Gauteng 0157 ZA
270123235926
DR P J SEBASTIAN CLINICAL RESEARCH CENTRE
76 Silverglen Drive, Silverglen
Durban, KwaZulu-Natal 4092 ZA
27314032252
TREAD Research
Francie Van Zijl Drive, Parow
Cape Town, Western Cape 7500 ZA
27219333597
Sandton Medical Research Centre
49 East Road, Morningside
Johannesburg, Gauteng 2196 ZA
27847862116
Synapta Clinical Research
94 Charlotte Maxeke Street
Durban, KwaZulu-Natal 4001 ZA
0313098622
Newtown Clinical Research
104 Rahima Moosa Street
Johannesburg, Gauteng 2113 ZA
27114920336
Paarl Research Centre
22 Verster Street, Lemoenkloof
Paarl, Western Cape 7646 ZA
0218724316